• Wat is mooier as lang wit strande en die blouer as blou see wat langs jou dreun? Lang, lui dae van son, see en strand. Die wegbreek vakansie waarvan almal droom! Skryf in vir Solidariteit se jaarlikse vakansiekompetisie en staan die kans om ’n vakansie na Mauritius te wen vir twee persone.

    Wat is op die spel?

    Solidariteit-lede wat aan die kompetisie deelneem, staan ’n kans om ʼn vakansie vir twee persone na Mauritius te wen ter waarde van R50 000. (Bepalings en voorwaardes geld, lees HIER)

    JA! Ek wil Mauritius toe gaan!

    Hoe neem ek deel?

    Is jy reeds ʼn lid van Solidariteit?

    wen-ja 

    1-min verwys Image Map

    wen-1-min

    Om vir ‘n prys in aanmerking te kom, moet jy jou persoonlike inligting by Solidariteit op datum bring en vir ons die kontakbesonderhede gee van drie persone wat by Solidariteit sal aansluit.

    Wie mag aan die kompetisie deelneem?

    Lede van die vakbond Solidariteit mag aan die kompetisie deelneem. Solidariteit-personeel en hul direkte gesinne is van die kompetisie uitgesluit.

    Hoe werk die kompetisie?

    Die kompetisie begin op 1 Junie 2016 en sluit om 12:00 op 31 Mei 2017.
    Om vir ’n prys in aanmerking te kom, moet die amptelike kompetisievorm HIER ingevul word. Die aanlyn vorm bestaan uit twee dele: ’n afdeling waar ‘n bestaande lid van Solidariteit sy/haar persoonlike inligting opdateer of nagaan, en ’n afdeling waar hy/sy dan drie verwysings van kollegas of familielede wat ook werksbeskerming nodig het, kan invul. Albei afdelings moet voltooi word om vir die prys in aanmerking te kom.

    Volledige bepalings en voorwaardes is HIER te sien.

    Top

    Registreer / Register

    Maak toe / Close